Aansoek by Westcliff Skool

Aansoeke, vir Westcliff Skool, word deur die huidige skool van die leerder gehanteer. 'n Ouer kan nie vir 'n leerder aansoek doen nie.

Westcliff Aansoekproses

1: Aansoek

Aansoeke, vir Westcliff Skool, word deur die huidige skool van die leerder gehanteer

Westcliff Skool se aansoeke sluit in Junie.
Skool Kontakbesonderhede:

E-pos alle aansoeke na die e-pos hierbo

2: Assessering

Die aansoeke word dan na die Distrikskantoor gestuur. Daar word dit deur die OLSO-spesialis, of die Senior Skoolsielkundige goedgekeur.

3: Seleksie

Gedurende Augustus word keuring deur 'n multi-dissiplinêre span gedoen. Skole word dan in kennis gestel watter leerders aanvaar is en watter leerders op die waglys geplaas is.

4: Inskrywing

Leerders wat aanvaar is, word reeds in November ingeskryf.

Benodig finansiële Hulp?

WIL U AANSOEK DOEN OM FINANSëLE HULP – 2026?
Kontak ons.

Hierdie webwerf gebruik koekies om te verseker dat jy die beste ervaring op ons webwerf kry. Kom meer te wete.