06

Nov, 2024

VRL vir 2025 aangekondig!

VRL vir 2025!

Soos ons nader staan aan die einde van nog ‘n suksevolle jaar by Westcliff Vaardigheidskool, wil ons graag van die geleentheid gebruik maak om ons nuwe Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) geluk te wens, asook voorspoed vir die jaar wat voorlê.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle, sowel as op die leiding wat julle vir ons leerders gaan bied. Julle toewyding om die waardes van die skool hoog te hou, asook die verskil wat julle sal maak in die skoolgemeenskap, is werklik inspirerend.

Soos julle voorberei om hierdie nuwe rolle aan te pak, wil ons julle aanmoedig om die voorbeeld te stel, jou mede leerders te inspireer, en aanhou om ‘n positiewe bydra te maak tot die skool. Die jaar wat voorlê sal vir jou baie geleenthede bied om te groei, saam te werk, en ‘n blywende impak te maak. Ons weet julle sal hierdie uitdaging aandurf en ‘n sukses daarvan maak.

Ons is opgewonde om te sien wat julle alles gaan vermag, en om julle te ondersteun in julle reis, soos julle die skool voorentoe dra. Ons is werklik trots op julle as gedrewe individue, wat die skool gaan verteenwoordig, en ons wens julle ‘n jaar van voorspoed en sukses toe!

Hoofleiers, van links na regs:

Onderhoofseun: Rodwin Manual

Hoofseun: Ethan Phillips

Hoofdogter: Annuschka Cijster

Onderhoofdogter: Tamzin Bedja

Tags:
Share:
Facebook
Twitter
LinkedIn
WhatsApp