By Westcliff Vaardigheid skool glo ons dat elke leerder se behoeftes uniek is en dat elke leerder leer op ‘n unieke wyse. Die skool is vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes en ons voorsien in die behoeftes van leerders vir wie hoofstroom onderwys ‘n uitdaging is. Die kurrikulum wat ons volg is ‘n aangepaste Tegniese Beroeps Kurrikulum. Helfte van ons onderrigtyd bestee ons aan Akademiese werk en helfte aan Tegniese werk. Ons lê veral klem op ons tegniese leerareas om leerders vaardighede aan te leer om suksevol te wees in die arbeidsmark van ons land. Ons ontwikkel leerders op ‘n holistiese wyse deur gebruik te maak van akademie, sport, kultuur, waardes en gedrag.
Ons glo sterk dat ‘n veilige omgewing is noodsaaklik sodat optimale onderrig en leer kan plaasvind.Mr R. le Sueur
Westcliff Nuus
Westcliff Vaardigheidskool, wat in 1953 gestig is, is ‘n spesiale skool vir onderwys in voorberoepstegniese vakke, geleë in Bellville, Wes-Kaap, Suid-Afrika.