IMG_2254

Sokker 2022

Die sokkerspanne het hard geoefen en het goeie gees op die veld getoon. Die o/19A en B span het wedstryde teen Jan Kriel, De Grendel, Atlantis, Tafelberg en Axios gespeel waarvan ons drie gewen, twee verloor en een gelyk op gespeel het. Die o/16A en B span het teen Jan Kriel, Atlantis en Paarl gespeel waarvan Westcliff al hul wedstryde gewen het. Ons is baie trots op ons spanne!
-Mnr C. de Bruyn-